kantoor - office 082 706 9717
faks - fax 086 514 6775
e-pos - e-mail info@gouedrome.co.za / info@goldendreams.co.za

Ontwikkeling van JOU talent ... teen jou eie pas!
Development op YOUR talent ... at your own leisure!

Hoofberigte / Top Stories

Don Griffiths suffers from heart attack

Desmond Wells by WOW!-STêR op 29 Mei 

Kirkwood se eerste WOW!-STêR op 17 April

Cansa se RELAY FOR LIFE a super ervaring 

 

********************

 

DESMOND WELLS BY WOW!-STêR OP 29 MEI

Die gewilde sanger uit die Wes-Kaap, Desmond Wells, wat bekend is vir sy treffers HEELTYD SPEELTYD, I WAS MADE FOR YOU en DESIRé is die hoofkunstenaar by die PORT ELIZABETH WOW!-STêR vertoning op 29 Mei wat in die Vodacom Amfiteater by die Boardwalk plaasvind.

Desmond se liedjie HEELTYD SPEELTYD was gedurende die 1997 KKNK deur
GOUE DROME aangewys as die beste nuwe liedjie by die KKNK en sedertdien het hierdie kunstenaar met rasse skrede die musiekbedryf verower.

Die bekende plaaslike sanger, Chad van Rooyen (foto regs), sal ook by die geleentheid optree.

Om kaartjies te kry vir hierdie vertoning, kontak vir Hellen Scriven, Westway Kafee, Kaapweg, Newton Park by 041 365 0217.

Kirkwood se eerste WOW!-STêR op 17 April!

Belangrik: Indien jy weet van enigeen (enige ouderdom of taal - sanger of musikant) wat graag aan die WOW!-STêR op Kirkwood sal wil deelneem … stuur hulle e-posadres aan ons by info@gouedrome.co.za.  

Op 17 April val Kirkwood weg met die heel eerste WOW!-STêR wat daar aangebied word. Inskrywings sluit op 10 April.

Wie mag almal deelneem?

Enige persoon van enige ouderdom mag deelneem. Enige persoon uit enige dorp of stad of vanaf enige plek ter wêreld mag kom deelneem.

Is dit net vir sangers?

Nee, musikante en groepe is ook welkom om in te skryf (terme en    voorwaardes geld).

Wat kan ek alles hieruit baat?

1) Jy kry OPBOUENDE raad/kommentaar van beoordelaars uit die musiekbedryf. Uit kommentaar wat jy ontvang en ook kommentaar wat jy hoor oor ander, leer jy geweldig baie en as jy doen wat gesê word sal jy drasties groei ten opsigte van jou   optredes.

2) As jy gereeld aan die Kirkwood WOW!-STêR se talentvertonings deelneem, en jy is nog in die skool, sal jy volgende jaar, wanneer jy aan die        KIRKWOOD IDOLS deelneem, baie meer voorbereid wees en ‘n beter kans staan om te presteer as diegene wat nie gereeld kom deelneem nie.

3) As jy oorspronklike werk sing, is daar ‘n spesiale kategorie daarvoor.

4) As jy jou kategorie wen (of in die oorspronklike kategorie tweede geëindig het) neem jy deel aan die WOW!-kategorie wat dieselfde aand aangebied word. By hierdie geleentheid is die bekende GOUWSIE die hoofkunstenaar van die aand.

5) In die WOW!-kategorie is daar kontantpryse wat gewen kan word.

6) Jou naam kom op die OOS-KAAPSE WOW!-STêR RANGLYS en hoe meer jy deelneem en hoe beter jy doen, hoe beter is jou kanse om hoog op hierdie ranglys te kom. Slegs 20 deelnemers uit die Oos-Kaap neem aan die einde van die jaar (27 November) aan die WOW!-STêR FINALE GLANSAAND deel waar groot pryse gewen kan word en jy as die 2010 WOW!-STêR gekroon kan word.

7) Die gehoor bestaan uit mense wat graag wil hoor hoe die nuwe talent    vorder - dus voel jy gemaklik dat die gehoor graag na jou wil luister. Die gehoor word ook aangemoedig om eerlik met jou te wees oor hoe hulle dink jou optrede is.

8) Jy kan ook deelneem aan die kompetisies in Graaff-Reinet as jy wil en so jou kanse verbeter om hoog op die ranglys te wees.

9) As jy in Port Elizabeth deelneem, staan jy ook ‘n kans om hoër op die    ranglys te wees, maar die vernaamste voordeel is dat as jy in die WOW!-kategorie beland, tree jy in dieselfde program op daardie aand op as     kunstenaars soos Sarah Theron, Tommy Dell, Matt Stern, David Fourie en Lance James op.

10) Jy kan ook hier hoor hoe jy kan maak om jou eie oorspronklike werk op te neem en as dit van radiokwaliteit is, op BAY FM en of Radio Graaff-Reinet gespeel te kry.

Sjoe! Daar is so baie wat jy kan baat - kan jy bekostig om nie deel te neem nie?

Vorms is verkrygbaar by www.wowster.co.za - klik op “VORMS”.

************************************

 

CANSA SE RELAY FOR LIFE ‘N SUPER ERVARING

 

Op Vrydagaand 20 Maart het CANSA hulle jaarlikse deurnag RELAY FOR LIFE aangebied waar die gemeenskap die geleentheid  gebied was om deel te wees van ‘n aksie wat bewusmaking rondom kanker en fisiese ondersteuning aan kankerlyers kombineer met die insameling van fondse. BAY FM 107.9 was hierdie jaar die radioborg vir die geleentheid, wat baie duidelik drasties groter was as die vorige jaar. Verskeie gewilde BAY FM omroepers het onder andere deur die loop van die nag die aankondigings gemaak.

 

GOUE DROME het weer hierdie jaar deelgeneem aan die vermaak wat regdeur die nag aangebied is en het hierdie keer het Carina Renz (links op die foto) die ankerrol vervul as hoofkunstenares en saam met haar het Maré Muller, Monique Roelofse en Ruan van der Kuil vir die eerste keer by hierdie geleentheid opgetree. Sarel Botha (heel agter) het logistiese ondersteuning gebied. Die optrede het hoofsaaklik rondom middernag tot eenuur die oggend plaasgevind en dit was ‘n uitdaging om daardie tyd van die nag nog genoeg energie deur te gee aan die gehoor. Die kunstenaars was egter op-en-wakker en dit was ‘n heerlike kuiertjie en ‘n puik vertoning. Al die kunstenaars is uitgenooi om saam met GOUE DROME op te tree op grond van hulle prestasie by die WOW!-STêR reeks van talentvertonings - lees meer hieroor by www.wowster.co.za.

 

Carina Renz het ook vroeër die aand ten tye van ‘n dramatiese opening die Volkslied gesing en later het sy saam met Monique en Ruan geestelike repertoire aangebied tydens ‘n spesiale emosionele gedeelte van die program. Direk nadat Carina die Volkslied in Xhosa, Afrikaans en Engels gesing het was daar      belangstelling van organiseerders van die 2010 Sokker Wêreldbeker om haar te betrek as sangeres by sommige van die sokkerwedstryde.

 

Ander kunstenaars wat deelgeneem het aan die geleentheid was onder andere Cuppacino, die Christadelphians, ELSaBé Rademeyer en Robert Gillmer.

Media Releases Mediaverklarings

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

SA Topsites ::