kantoor - office
082 706 9717
faks -
fax 086 514 6775
e-pos - e-mail
info@gouedrome.co.za /
info@goldendreams.co.za
Ontwikkeling van JOU talent ... teen jou eie pas!
Development op YOUR talent ... at your own leisure!
Gedurende die sewentigerjare het Sarel Botha gedroom oor die moontlikheid om 'n konstruktiewe bydrae tot veral Afrikaanse ligtemusiek te maak, maar eers sowat 30 jaar later word dit moontlik toe hy in 2004 die organisasie VOALIM (Vereniging vir die bevordering van die skep van oorspronklike Afrikaanse Ligtemusiek) stig. Na sowat twee suksesvolle jare as vereniging het Sarel besluit om te onttrek omdat hyself by 'n promosiefirma betrokke geraak het en dit nie meer moontlik was om volle aandag aan die vereniging te gee nie. Die vereniging se stoom het daarna egter gou uitgehardloop en toe dit nie meer voortgaan nie, was daar 'n leemte in die mark om dieselfde doelwitte te bereik. Sarel het toe besluit om weer die taak aan te pak om 'n werkbare talentvertoningkonsep gebaseer op ontwikkeling aan die gang te kry. Dit was die geboorte van TALENTé 2008 en 2009 wat nou voortgesit word met 'n drasties verbeterde 2010 WOW!-STêR.
Verskeie persone het al navraag gedoen om ook hierdie konsep in ander dele van Suid-Afrika toe te pas. Konsessies is beskikbaar aan diegene wat oor die passie en deursettingsvermoë beskik om dit aan te pak en navrae kan gestuur word aan info@gouedrome.co.za.
Sodra meer WOW!-STêR-takke landwyd gevestig is, sal oorkoepelende Streekkompetisies en ook 'n Nasionale kompetisie aan die gang kom. Daar is reeds WOW!-STêR kompetisies in Port Elizabeth, Graaff-Reinet en Kirkwood en 'n jaarlikse WOW!-STêR OOS-KAAP FINAAL (wat in Port Elizabeth plaasvind).
As u 'n sanger is wat graag aan so 'n reeks wil deelneem, stuur gerus vir ons 'n e-pos aan info@gouedrome.co.za sodat ons u kan inlig waar dit die naaste aan u aangebied word. Ons hou ook 'n naamlys van sangers wat graag sal wil deelneem, sodat hulle laat weet kan word wanneer dit in of naby hulle area beskikbaar kom.