kantoor - office
082 706 9717
faks -
fax 086 514 6775
e-pos - e-mail
info@gouedrome.co.za /
info@goldendreams.co.za
Ontwikkeling van JOU talent ... teen jou eie pas!
Development op YOUR talent ... at your own leisure!
SO
WERK DIT!
SANGERS EN MUSIKANTE VAN ENIGE OUDERDOM EN ENIGE TAAL IS WELKOM!
Solo-deelnemers, duette of groepe (maksimum 5 persone) neem aan
verskeie kategorieë deel op talentvertonings wat deur die loop van
die
dag op ‘n voorafbepaalde datum plaasvind
- sien kalender vir datums. Om te kan deelneem moet
die deelnemer ‘n
inskrywingsvorm invul en 'n
inskrywingsfooi betaal en in ruil daarvoor voorsien
GOUE DROME ‘n puik infrakstruktuur vir die optredes en voorsien ook
beoordelaars wat uit die musiekbedryf kom om die deelnemers
van
opbouende raad te
voorsien.
Die wenners (bepaal deur die beoordelaars plus die gehoor se stemme
via selfoon) van die onderskeie kategorieë kry die geleentheid om
dieselfde aand met ‘n nasionale kunstenaar of top Oos-Kaapse
kunstenaar
(klik hier om
te sien watter kunstenaars kom optree)
die verhoog te deel in die gewilde WOW!-STêR VERTONING
wat vanaf 19:00 op die betrokke aand aangebied word. Deur die loop
van die jaar is daar ‘n ranglys wat bepaal wie die beste gevorder
het en wat uiteindelik bepaal wie aan die WOW!-STêR GLANSAAND op 27
November deelneem om
as
die
2010 WOW!-STêR
gekroon
te word.
Groot pryse is betrokke en word deur die loop van die tyd bekend
gemaak.