kantoor - office
082 706 9717
faks -
fax 086 514 6775
e-pos - e-mail
info@gouedrome.co.za /
info@goldendreams.co.za
Ontwikkeling van JOU talent ... teen jou eie pas!
Development op YOUR talent ... at your own leisure!
Hoekom JY moet deel wees
van WOW!-STêR!
(English version - click here)
Gereelde geleenthede om op te tree voor 'n uitgelese gehoor (verskeie talentvertonings en die WOW!-STêR FINALE-glansaand per jaar).
Waardevolle opbouende kommentaar deur beoordelaars uit die bedryf wat omgee en wat graag wil toesien dat jy 'n aanwins vir die musiekbedryf is.
Sien hoe ander sangers reeds ontwikkel het en leer uit hulle vordering.
Ontmoet die belangrikste mense in die musiekbedryf, opname-ateljees, liedjieskrywers, bekende sterre.
Staan verskeie kanse om in dieselfde program as nasionale kunstenaars soos Sarah Theron, Lance James en/of Oos-Kaapse senior talent op te tree.
Promotors en radiopersoonlikhede sien jou raak en dalk maak jy 'n deurbraak.
Neem deel in enige van die drie plekke waar WOW!-STêR aangebied word: Port Elizabeth, Graaff-Reinet of Kirkwood. Jy kan ook by meer as een dorp deelneem.
Kry gratis toegang tot die talentdag se WOW!-vertoning of jy kwalifiseer vir deelname op die aand of nie - jy kan dus steeds die hoofkunstenaar van die dag sien.
Bemark jouself op hierdie webblad - as jy ingeskryf is vir 'n talentaand word jou foto en biografie hier geadverteer sodat jy raakgesien kan word as kunstenaar.
Ontmoet kontakte wat jou help om begeleidingsnitte, instrumente, mikrofone, sangonderrig, choreografiese hulp, ens. teen billike pryse te bekom. Deur net by die talentvertonings te wees en op te let na wat gebeur, leer jy alreeds baie omtrent al die ontwikkelings-elemente vir kunstenaars of musikante.
As jy self wil liedjies skryf, kan jy deelneem aan liedjieskryfwerkwinkels wat gereeld aangebied word.
Slegs kwaliteit klankstelsels en klankpersoneel word gebruik.
Dit is nie een talentvertoning en dan is alles verby, sonder verdere ondersteuning nie - dis 'n hele ontwikkelingsproses waarvan jy ten minste een jaar lank deel is!
Dit berei jou goed voor om beter te presteer in ander groot talentkompetisies.
'n Gereelde (na elke talentvertoning) WOW!-STêR ranglys word uitgereik waar jy presies kan sien hoe jou posisie vergelyk met deelnemers in Port Elizabeth, Kirkwood en Graaff-Reinet.
Ondersteun deur groot borge soos BAY FM 107.9, RADIO GRAAFF-REINET, THE PAXTON HOTEL, GM SOUTH AFRICA, DIE ILOREEZ MEYER SANGAKADEMIE en TEMPO MUSIK.
Verskeie pryse, onder andere groot kontantpryse te wen.
Met die regte hulp en ondersteuning kan jy dalk 'n radiokwaliteit opname maak wat deur BAY FM 107.9 en/of RADIO GRAAFF-REINET uitgesaai word indien dit deur die stasies goedgekeur word.
Die BAY FM GOUE DROME TOP 5 LOCAL KLANKE wat elke Saterdagoggend van ongeveer 09:45 uitgesaai word is geïnkorporeer by die WOW!-STêR talentvertonings. Binnekort word dieselfde TOP 5 ook op Radio Graaff-Reinet uitgesaai.
Jy kan jaarliks die wisseltrofees vir die BESTE KUNSTENAAR & BESTE LIEDJIE en selfs ook die BAY FM SPIRAALTOEKENNINGS ontvang met deelname aan al die fasette van die talentvertonings.
WAAROM SKRYF JY NIE SOMMER DADELIK IN NIE? JY KAN NIKS VERLOOR NIE! - LEES DIE HANDLEIDING - KLIK HIER!