Goue Drome Promosies bied aan
2010 GOUE DROME WOW!-STêR
Talentaande met ‘n verskil
WIL JY GRAAG DIE
VERHOOG DEEL MET SANGERS SOOS DAVID FOURIE (WORD NOG ONDERHANDEL),
LANCE JAMES (REEDS BEVESTIG), SARAH
THERON (REEDS BEVESTIG) EN BAIE ANDER? SLUIT AAN BY WOW!-STêR EN JY
KRY DALK HIERDIE GELEENTHEID!
WAT KRY JY AS DEELNEMER HIERUIT?
1)
Optree-geleenthede
Jy kry optree-geleenthede waar mense wat in ontwikkelende talent
belangstel na jou luister. Wanneer jy op die vlak kom waar jy jou
eie liedjies/musikale werke skryf of liedjies sing/musikale werke
speel wat vir jou geskryf is, is dit handig om dit voor gehore op te
voer en hulle terugvoer te kry. By WOW!-STêR kry jy gereeld daardie
geleentheid.
2)
Opbouende
advies
Kry opbouende raad van beoordelaars uit die musiekbedryf. Elke keer
wat jy deelneem kry jy nuwe raad en advies wat, as jy dit volg, jou
sal help om gevorm te word tot ‘n kunstenaar in die ware sin van die
woord.
3)
Optredes
saam met nasionale kunstenaars
As jy die WOW!-kategorie by enige van die talentvertonings haal,
tree jy op dieselfde verhoog en in dieselfde program op as een van
ons land se nasionale kunstenaars en/of ontwikkelende talent wat
reeds wye ervaring opgedoen het. Hierdie kunstenaars deel met jou
hoe hulle opgang gemaak het sodat jy daaruit
4)
GOUE DROME
WOW!-STêR ranglys
Elke deelname verdien vir jou punte op die OOS-KAAPSE GOUE DROME
WOW!-STêR ranglys. Na elke talentdag word ‘n ranglys (met
akkumulerende punte) bekendgemaak. Hierdie ranglys bepaal
uiteindelik wie die beste gevorder het gedurende die jaar en te
5)
Liedjieskrywers
6)
Neem deel
in verskeie dorpe … as jy wil
Jy
7)
Bemarking
vir jou as kunstenaar
Jou foto (sodra jy dit aan ons voorsien) met ‘n kort biografie
verskyn op ons webblad (www.talente.co.za) waarvandaan jy bespreek
8)
Die
volgende stappe
By die GOUE DROME WOW!-STêR talentvertonings sal jy hoor hoe om
oorspronklike werk op te neem sodat dit radio-kwaliteit opnames is
en hoe jy
9)
Gratis
toegang tot baie konserte
Goedgekeurde deelnemers kry gratis toegang tot alle WOW!-STêR
talentvertonings (die konserte van die nasionale kunstenaars en
gevorderde Oos-Kaapse talent op dieselfde aande ingesluit).
10) Liedjieskryfwerkwinkels
Van
tyd-tot-tyd bied ons spesiale liedjieskryfwerkwinkels aan waarvoor
deelnemers spesifiek kan inskryf. Nadere besonderhede sal metteryd
bekendgemaak word.
11) Choreografie, stemafrigting, kunstenaarsafronding
Jy
leer baie van choreografie en stemafrigting en kunstenaarsafronding
deur net te luister na die beoordelaars se kommentaar. Maar ons is
ook in die posisie om jou in kontak te bring met die beste
choreograwe en stemafrigters asook met persone wat jou van meer
persoonlike en gereelde kunstenaarsafronding kan bystaan sodat jy
nog vinniger vorder.
12) Goeie venue
Goue Drome kies net die beste venues waar hulle talentvertonings
plaasvind. Hierdie jaar is dit die VODACOM Amfiteater by die
Boardwalk. Almal wil graag daar optree en die voordeel is dat baie
mense meer bewus sal wees van jou as deelnemer as ons ‘n venue
gebruik wat gesog is.
13) Goeie klank
Ons
maak soos gewoonlik baie seker dat die klankpersoneel geduld het met
ontwikkelende talent en ook die beste moontlike toerusting gebruik
by elke geleentheid.
14) Pryse
Verskeie groot pryse kan gewen word by elke talentdag. In 2009 is
sowat R16000 totaal in kontant weggegee by al ons talentdae. Dan was
daar nog ander groot pryse soos gratis stemafrigting by die ILOREEZ
MEYER SANGAKADEMIE, gratis choreografie, etekoepons by THE PAXTON
HOTEL, en ‘n naweek vir twee by die luukse THE PAXTON HOTEL. Pryse
gaan hierdie jaar afhang van die mate waarin die talentvertonings
ondersteun word. Hoe meer deelnemers en hoe meer toeskouers, hoe
groter die pryse.
15) Jy word ‘n WOW!-STêR
Met
al hierdie ervaring rondom jou en al die kunstenaars wat elkeen elke
keer iets nuut na die verhoog toe bring, word jy gestimuleer om
baie, baie beter te doen as wat jy op eie stoom sou doen. En voor jy
jou kan kry, sal mense vir jou sê: “WOW, maar jy het drasties
gevorder. Jy’s ‘n WOW!-stêr!”
16) Wat kos dit alles? R20 000?
Nooit, dit is maar net ‘n fraksie van daardie koste! Jy skryf in vir
elke talentvertoning en dit kos jou slegs slegs R60 per
talentvertoning as jy ‘n solo-item lewer of ‘n klein bietjie meer as
jy ‘n duet of groep inskryf.
(BANG
U KYK IETS MIS? SIEN OPSOMMING HEEL ONDER)
Solo-deelnemers, duette of groepe (maksimum 5 persone) neem aan
verskeie kategorieë deel op talentvertonings wat deur die loop van
dag op ‘n voorafbepaalde datum plaasvind. Om te kan deelneem moet
die deelnemer ‘n inskrywingsfooi betaal en in ruil daarvoor voorsien
GOUE DROME ‘n puik infrakstruktuur vir die optredes en voorsien ook
beoordelaars wat uit die musiekbedryf kom om aan die deelnemers van
opbouende raad te bedien. Die wenners (bepaal deur die beoordelaars
plus die gehoor se stemme via selfoon) van die onderskeie kategorieë
kry die geleentheid om dieselfde aand saam met ‘n nasionale
kunstenaar of top Oos-Kaapse kunstenaar die verhoog te deel in die
gewilde WOW!-STêR VERTONING wat vanaf 19:00 op die betrokke aand
aangebied word. Deur die loop van die jaar is daar ‘n ranglys wat
bepaal wie die beste gevorder het en wat uiteindelik bepaal wie aan
die WOW!-STêR GLANSAAND op 27 November deelneem om as die 2010
WOW!-STêR gekroon te word. Groot pryse is betrokke en word deur die
loop van die tyd bekend gemaak.
Alle kommunikasie met deelnemers en die gehoor vind by wyse van
e-posse plaas. Dit is dus van die uiterste belang dat u ‘n
e-posadres bekom of die e-posadres van ‘n betroubare vriend of
familielid gebruik.
Geen uitsonderings sal ongelukkig gemaak word nie.
Maak seker dat u e-posadres op elke inskrywingsvorm aangedui is en
dat ons aandag gevestig word daarop as die e-posadres verander.
Hoekom WOW!-STêR
vertonings hou en hoeveel keer?
Hoekom?
Die
GOUE DROME WOW!-STêR het ten doel om ‘n platform vir opkomende
Oos-Kaapse talent te skep waar hulle gereeld kan optree, hulle
standaard telkens verbeter en uiteindelik ‘n meningvolle bydrae tot
die musiekbedryf kan maak. Die belangrikste doelwit van die
kompetisies is om plaaslike talent aan te moedig om eie werk (of
werk wat spesifiek vir hulle geskryf is) op te voer en
radiokwaliteit opnames daarvan te maak – natuurlik elkeen volgens sy
eie pas (ontwikkelingsgewys en finansiëel gesproke). Die WOW!-STêR
vertonings is reeds bekend as die grootste enkele bydraende faktor
tot talentontwikkeling in die Oos-Kaap en ons beplan om dit landwyd
uit te brei in die nabye toekoms.
Hoeveel keer?
Die
2010 WOW!-STêR
talentvertonings vind soos volg plaas:
Talentvertonings word op die nagenoemde datums aangebied (datums mag
gewysig word op kort kennisgewing). Die onus rus op die deelnemers
om vooraf seker te maak van elke datum – hou gerus hierdie webblad
dop vir die nuutste inligting:
www.talente.co.za. Hierdie dien dus as finale kennisgewing van
die datums van talentvertonings en geen verdere kennisgewings hoef
deur die organiseerders uitgereik te word nie, tensy veranderings
plaasvind. Die organiseerders kan ook die venue op kort kennisgewing
verander.
Let
wel: Die organiseerders sal uit hulle pad gaan om telkens ‘n
nasionale en/of ‘n gevorderde Oos-Kaapse kunstenaars te reël as hoof
kunstenaar by elke talentdag, maar kan nie kwalik geneem word as dit
nie prakties of ekonomies moontlik is om dit gereël te kry nie.
BELANGRIK:
DIE SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS IS IN FEITLIK AL DIE GEVALLE
SOWAT TWEE WEKE VOOR DIE TALENTDAG – GEEN LAAT INSKRYWINGS SAL
AANVAAR WORD NIE, JAMMER!!!
PORT ELIZABETH:
Venue: VODACOM AMFITEATER, BOARDWALK
Deelnemers moet soveel
moontlik probeer deelneem en so goed moontlik presteer om te
kwalifiseer vir die finale glansaand. Deelnemers kan ook op enige
dorp deelneem en ook by soveel dorpe as wat hulle wil as hulle graag
vinniger wil vorder.
30 Januarie 2010 (sluitingsdatum vir inskrywings is 23 Januarie)
6 Maart 2010
(sluitingsdatum vir inskrywings is 21 Februarie)
29 Mei 2010
(sluitingsdatum vir inskrywings is 15 Mei)
31 Julie 2010
(sluitingsdatum vir inskrywings is 17 Julie)
2 Oktober 2010
(sluitingsdatum vir inskrywings is 18 September)
30 Oktober 2010
(sluitingsdatum vir inskrywings is 16 Oktober)
27 November 2010
– (vind op uitnodiging plaas volgens die ranglys) GOUE DROME WOW!-STêR
FINALE GLANSAAND.
GRAAFF-REINET
Venue:
John Rupertteater
Deelnemers moet soveel
moontlik probeer deelneem en so goed moontlik presteer om te
kwalifiseer vir die finale glansaand. Deelnemers kan ook op enige
dorp deelneem en ook by soveel dorpe as wat hulle wil as hulle graag
vinniger wil vorder.
6 Februarie
(sluitingsdatum
vir inskrywings is 29 Januarie)
8 Mei
(sluitingsdatum vir
inskrywings is 24 April)
24 Julie
(sluitingsdatum vir
inskrywings is 10 Julie)
4 September
(sluitingsdatum
vir inskrywings is 21 Augustus)
9 Oktober
(sluitingsdatum vir
inskrywings is 24 September).
KIRKWOOD
Venue:
Hoërskool Kirkwood (skoolsaal)
Deelnemers moet soveel
moontlik probeer deelneem en so goed moontlik presteer om te
kwalifiseer vir die finale glansaand. Deelnemers kan ook op enige
dorp deelneem en ook by soveel dorpe as wat hulle wil as hulle graag
vinniger wil vorder.
24 April
(sluitingsdatum
vir inskrywings is 9 April)
22 Mei (sluitingsdatum
vir inskrywings is 8 Mei)
-
14 Augustus (sluitingsdatum
vir inskrywings is 31 Julie) -
11 September (sluitingsdatum
vir inskrywings is 28 Augustus)
16 Oktober (hierdie
datum moet nog bevestig word) (sluitingsdatum vir inskrywings is 2
Oktober)
Wie mag deelneem?
Sangers en musikante van enige ouderdom mag deelneem. Die enigste
voorwaarde is dat sangers hulle eie bykomende mikrofone moet
voorsien indien hulle meer as een gaan benodig of betaal vir die
huur van enige bykomende klanktoerusting indien dit deur hulle
benodig of vereis word. Musikante moet ook hulle eie instrumente
voorsien – geen instrumente sal deur GOUE DROME voorsien word nie,
en hulle moet vooraf eers bepaal of daar bykomende klanktoerusting
benodig sal word en vir die koste daarvan instaan.
Groepe is welkom om deel te neem, maar dit mag nie uit meer as 5
lede bestaan nie – dit word weer eens beklemtoon dat lede dan self
verantwoordelik is vir bykomende klanktoerusting.
Voorlopige kategorie-indelings is soos hieronder uiteengesit (indelings
vind plaas volgens die ouderdom van die deelnemer op die datum van
die betrokke talentvertoning – ‘n bewys van geboortedatum moet
asseblief saam met die jaarlikse aansluitingsvorm ingedien word).
Die
kategorie-indelings vir instrumentaal en vokaal is dieselfde, maar
mag ter enige tyd gewysig word sonder vooraf kennisgewing om alle
deelnemers op die beste moontlike wyse te akkommodeer. Omdat dit die
eerste keer is dat ons instrumente toelaat, sal daar waarskynlik
heelwat aan die instrumentale kategorieë gewysig word totdat die
indelings so goed as moontlik is.
a.
Kleuters
: 0 tot 6 jaar
oud
b.
Juniors
: 7 tot 11 jaar
oud
c.
Tieners
: 12 tot 18 jaar
oud
d.
Seniors
: 19 tot 25 jaar
oud
e.
Volwassenes
: 26 tot 40 jaar
oud
f.
Senior Volw. :
Ouer as 40 jaar
g.
Groepe
h.
Kategorie: BAY FM TOP 5 EN OORSPRONKLIKE WERK: BAY FM TOP 5 of RADIO
GRAAFF-REINET TOP 5-deelnemers geskied op uitnodiging en is hierdie
jaar nie outomaties deel van die WOW!-kategorie nie. Enige deelnemer
wat reeds in ‘n ander afdeling deelgeneem het kan ook in hierdie
afdeling ‘n OORSPRONKLIKE werk voordra – aangesien die deelnemer dan
reeds geregistreer is vir ‘n ander kategorie is dit nie nodig om
bykomende registrasiefooie hiervoor te betaal nie. ‘n Deelnemer wat
deur GOUE DROME via die BAY FM TOP 5 OF RADIO GRAAFF-REINET TOP 5
genooi is om deel te neem betaal nie registrasiefooie wanneer
hy/sy/hulle genooi is nie, maar is steeds vir moontlike bykomende
klanktoerusting verantwoordelik. Indien hulle egter daarna weer wil
deelneem en nie amptelik uitgenooi is nie, moet hulle registreer.
Die wenner asook die naaswenner van hierdie kategorie sal ook die
geleentheid kry om aan die WOW!-kategorie deel te neem.
i.
WOW!-kategorie: Slegs vir wenners van die onderskeie kategorieë deur
die loop van die dag. Hierdie wenners neem teen mekaar deel in die
WOW!-kategorie wat by die aandvertoning plaasvind waar die
hoofkunstenaar ook optree. Deelnemers moet deur die betrokke dag
deelneem om vir die WOW!-kategorie op dieselfde aand te kwalifiseer.
WOW!-deelnemers moet, binne 15 minute nadat hulle name aangekondig
word, by Elna Botha bevestig of hulle die aand gaan optree aldan nie.
Indien nie, sal die deelnemer wat tweede gekom het die kans gegun
word.
WOW!-rondte
By
elke talentdag word ‘n finale rondte gehou wat bekendstaan as die
WOW!-rondte. Die WOW!-rondte vind plaas om 19:00 op die aand van
elke talentdag en die hele vertoning wat gewoonlik ook ‘n
hoofkunstenaar (na pouse) insluit staan bekend as ‘n GOUE DROME
WOW!- vertoning.
Hier word die volgende kunstenaars die geleentheid gegee om deel te
neem aan ‘n finale uitsing om die wenners van die pryse te bepaal (geen
kategorie-indelings is hier betrokke nie – dus ‘n voorbereiding vir
die SUPRA-aand waar dieselfde situasie geld):
Die
wenners van elke kategorie op die gewone talentaande (dus SUPRA
uitgesluit) dring deur na die WOW!-rondte waar geen beperking is op
die ouderdom nie en waar ‘n algehele wenner vir die betrokke
talentaand aangewys sal word. Indien min inskrywings ontvang word,
kan die organiseerders besluit om meer plekke by elke kategorie ook
te laat deurdring na die finale rondte. Diegene wat een of meer kere
die WOW!-kategorie gewen het, sal nie weer aan ‘n kategorie deelneem
nie OP VOORWAARDE DAT HULLE NIE ‘N ENKELE TALENTAAND MISLOOP NIE en
hulle sal dus by elke talentvertoning vir die betrokke dorp/stad
waar hulle aanvanklik gekwalifiseer het, kan deelneem aan die WOW!-kategorie.
So ‘n deelnemer staan bekend as ‘n MINI WOW!-STêR.
Die
taal waarin ‘n liedjie gesing word is nie van belang nie. Alle
liedjies sal op dieselfde grondslag beoordeel word. Indien jy egter
vermoed dat die beoordelaars nie die taal van die liedjie sal
verstaan nie, is dit goeie praktyk om saam met jou
talentaand-inskrywingsvorm ‘n verduideliking / vertaling te stuur
sodat hulle dit wel sal kan volg.
Groepe van tot maksimum 5 lede mag ook deelneem. Duette word ook as
‘n groep beskou. Indien jy as solokunstenaar wil optree maar ook
groepwerk wil doen saam met ‘n ander persoon of persone, moet die
groep ook apart inskryf vir ‘n talentvertoning. Groepe wat van
instrumente gebruik maak of meer as een mikrofoon benodig, moet self
die bykomende instrumente en klanktoerusting voorsien of indien GOUE
DROME dit voorsien, moet die deelnemers self daarvoor betaal.
Omdat die WOW!-STêR-reeks
van talentdae in wese oor ontwikkeling van talent gaan, is dit ons
mening dat ontwikkeling nie staak wanneer jy ‘n wenner is nie.
Daarom glo ons dat alle vorige wenners weer welkom is om deel te
neem aan enige opeenvolgende reekse. Deelnemers wat nog nie gewen
het nie, word op hierdie wyse ook die geleetheid gebied om harder te
werk en hulle bes te probeer om hulle standaard sodanig te verhoog
dat hulle wel vorige wenners kan uitstof.
Sluitingsdatums
Om
deel te neem aan die talentdae moet ‘n inskrywingsvorm ingevul word
en die inskrywingsfooi betaal word. Die sluitingsdatum vir
inskrywings om aan ‘n betrokke talentdag deel te neem is
normaalweg veertien dae voor elke talentdag. Die invul van die
INSKRYWINGSVORM is NET GELDIG VIR EEN TALENTDAG en aansoek moet
daarvoor gedoen word ENIGE TYD VOOR DIE TALENTDAG, MAAR OP DIE
LAATSTE VEERTIEN DAE VOOR ELKE TALENTDAG (SIEN DIE AMPTELIKE
SLUITINGSDATUMS ELDERS IN HIERDIE DOKUMENT) SODAT DIE DEELNEMER SE
PLEK IN DIE PROGRAM BESPREEK KAN WORD!! GEEN, MAAR GEEN LAAT
INSKRYWINGS SAL AANVAAR WORD NIE!!
INSKRYWINGSFOOIE is soos volg:
Slegs R60 inskrywingsfooi per inskrywing vir ‘n solo-item. Vir
groepe is dit R20 per bykomende lid ekstra (as julle dus ‘n groep
van vier is sal die inskrywingsfooi R60 plus 3 X R20 = totaal van
R120 wees of ‘n duet sal byvoorbeeld R80 betaal.
Inskrywingsfooie is betaalbaar ten opsigte van elke talentvertoning
en geld net vir een item wat gelewer word (behalwe dat oorspronklike
liedjies in die oorspronklike kategorie gesing kan word teen geen
ekstra inskrywingsfooi nie – slegs een liedjie per deelnemer wat vir
‘n ander kategorie ingeskryf het). Inskrywingsfooie is ook
betaalbaar vir die FINAAL. Kategoriewenners wat deurgaan na die WOW-kategorie
op dieselfde dag, betaal nie weer vir deelname aan die WOW-kategorie
nie.
Inskrywingsfooie is nie terugbetaalbaar onder enige omstandighede
nie, tensy die organiseerders die betrokke talentdag in geheel
kanselleer. Bewys van betaling van die inskrywingsfooie moet saam
met elke inskrywingsvorm ingedien word.
Inskrywingsfooie kan by die volgende bankrekening inbetaal word:
|
Bank |
Absa |
|
Rekeningnaam |
Goue Drome Promosies BK |
|
Tak |
|
|
Takkode |
6 32005 |
|
Rekeningnommer |
406 565 1278 |
|
Verwysing |
WOW!-STêR/”Jou naam”/Talentdagdatum |
|
Bedrag |
Soos hierbo uiteengesit |
Talentdagprogramme
Slegs opbetaalde en goedgekeurde deelnemers wat hulle
talentdag-inskrywingsvorms minstens veertien dae voor die talentdag
ingedien het, sal by die talentdag-programme ingesluit word, tensy
daar te veel deelnemers is en vooraf oudisies vir sifting gehou moet
word.
Behoorlik opbetaalde deelnemers betaal nie toegangsfooie tot die
talentaande nie. ‘n Lys van opbetaalde deelnemers sal by die
kaartjieverkooppunt wees waar die gratis kaartjie bekom kan word.
GOUE DROME neem nie verantwoordelikheid om vir deelnemers sitplekke
te reserveer nie. Dit is elke deelnemer se plig om self te sorg dat
sy/haar gratis toegangskaartjie vooraf by die kaartjieverkooppunt
afgehaal word. As die deelnemer dus nie ‘n sitplek het om op te sit
nie, is dit net hy/sy self wat daarvoor geblameer kan word.
Kaartjies vir die
gehoor kan slegs teen betaling verkry word by Hellen Scriven,
Westway Kafee, Kaapweg, Newton Park, Port Elizabeth (tel 041 365
0217). BELANGRIK: GEEN
KAARTJIES KAN DIREK BY GOUE DROME VERKRY WORD NIE EN KAN OOK NIE
NAMENS ENIGIEMAND DEUR GOUE DROME UITGEHOU WORD NIE!! DIT IS ‘N
GROOT KANS WAT MENS VAT OM NIE VOORAF TOEGANGSKAARTJIES AAN TE SKAF
NIE ... DIT HET REEDS TALLE KERE IN DIE VERLEDE GEBEUR DAT MENSE
MOES OMDRAAI BY DIE DEURE.
Toegangsfooie vir die publiek is soos volg:
Bywoning van die Junior Talentvertoning (gewoonlik so ongeveer
11:00) – R40, maar kan ook die Senior Talentvertoning (gewoonlik so
ongeveer 15:00) bywoon met dieselfde kaartjie.
Bywoning van die Senior Talentvertoning (gewoonlik so ongeveer
15:00) – R40, maar kan ook die Junior Talentvertoning (gewoonlik so
ongeveer 11:00) bywoon met dieselfde kaartjie.
Bywoning van die WOW!-vertoning (so ongeveer 19:00) waar die
hoofkunstenaar van die aand ook optree – R50. Persone wat voor die
tyd ‘n R50 kaartjie aanskaf, kan al die vertonings (Junior, Senior
en WOW!) bywoon. R50 kaartjies het ‘n sitpleknommer wat net
gedurende die aand geldig is – gedurende die dag se talentvertonings
kan die gehoor op enige plekke sit. By sekere geleenthede waar
hoofstroomkunstenaars, soos byvoorbeeld Eden of Theuns Jordaan
optree, sal kaartjiepryse aansienlik hoër wees.
Alle lede van die gehoor kry geleentheid om deel te neem aan
VOOR-MET-NOTE
wat by elke WOW!-vertoning aangebied word tussen die
optredes van die deelnemers aan die WOW!-kategorie. Drie lede van
die gehoor word gekies om aan die
VOOR-MET-NOTE
deel te neem. Lede
van die gehoor kan vooraf hulle name opgee daarvoor en indien daar
meer belangstelling is as wat ons kan akkommodeer sal name uit ‘n
hoed getrek word om te bepaal wie kan deelneem om van die kontant-
en ander pryse te wen.
Die
volgende pryse sal toegeken word by talentvertonings (PRYSE KAN TER
ENIGE TYD TERUGGETREK OF GEWYSIG WORD SOOS WAT OMSTANDIGHEDE DIKTEER
– INDIEN DIE GELEENTHEDE BAIE GOED ONDERSTEUN WORD KAN DIE PRYSGELDE
VERHOOG WORD):
MINI WOW!-STêR (Wenner van die WOW!-rondte op ‘n talentaand):
R200 (R300 as dit met ‘n oorspronklike liedjie verwerf word)
Tweede plek (WOW!-rondte):
R150 (R250 as dit met ‘n oorspronklike liedjie verwerf word)
Derde plek (WOW!-rondte):
R100 (R200 as dit met ‘n oorspronklike liedjie verwerf word)
Pryse vir die gehoor:
Die
gehoor sal gedurende stemmings (wat per selfoon plaasvind) ‘n ontbyt
vir twee by THE PAXTON HOTEL wen as hulle selnommer getrek word uit
die lys van persone wat daardie aand per selfoon deelgeneem het.
Die volgende pryse sal
toegeken word by die 2010 GOUE DROME WOW!-STêR GLANSAAND:
Beste kunstenaar - Goud:
R1
000 (R1 500 as dit met ‘n oorspronklike liedjie verwerf word)
ELNA BOTHA WISSELTROFEE VIR BESTE KUNSTENAAR (GOUD).
THE
PAXTON HOTEL – naweekverblyf vir twee
ILOREEZ MEYER SANGAKADEMIE – een jaar sangonderrig
GOUE DROME WEBBLAD – een jaar blootstelling op hierdie webblad
Beste kunstenaar - Silwer:
R500 (R1 000 as dit met ‘n oorspronklike liedjie verwerf word)
HELLEN SCRIVEN WISSELTROFEE VIR DIE BESTE KUNSTENAAR (SILWER).
Beste kunstenaar -Brons:
R300 (R500 as dit met ‘n oorspronklike liedjie verwerf word)
FRANCOIS BEETS WISSELTROFEE VIR DIE BESTE KUNSTENAAR (BRONS)
Beste liedjie - Goud:
R1
000 (SLEGS OORSPRONKLIKE LIEDJIES WORD OORWEEG)
SAREL BOTHA WISSELTROFEE VIR DIE BESTE LIEDJIE (GOUD)
THE
PAXTON HOTEL – naweekverblyf vir twee
ILOREEZ MEYER SANGAKADEMIE – een jaar sangonderrig
GOUE DROME WEBBLAD – een jaar blootstelling op hierdie webblad
Beste liedjie - Silwer:
R500 (SLEGS OORSPRONKLIKE LIEDJIES WORD OORWEEG)
Beste liedjie -Brons:
R300 (SLEGS OORSPRONKLIKE LIEDJIES WORD OORWEEG)
ELIZMA BEETS WISSELTROFEE VIR DIE BESTE LIEDJIE (BRONS)
Mees belowende kunstenaar:
R250 plus die JACQUES ARENDT WISSELTROFEE VIR DIE MEES BELOWENDE
KUNSTENAAR.
Beste vordering:
R200 plus: Die ILOREEZ MEYER wisseltrofee vir die BESTE VORDERING
word toegeken aan die kunstenaar wat deur die jaar volhard het en
goed gevorder het, alhoewel hy/sy/hulle nie noodwendig daarin kon
slaag om van die top pryse te verower nie. Die tipiese wenner van
hierdie trofee sal iemand wees wat maand-vir-maand terugkom om deel
te neem, luister na die raad wat gegee word en telkens verbeter –
iemand met inspirerende deursettingsvermoë. Die drie
hoofbeoordelaars van die 2010 WOW!-STêR reeks besluit oor hierdie
toekenning na afloop van die laaste talentaand van die jaar.
Die
gehoor sal gedurende stemmings (wat per selfoon plaasvind) ‘n ontbyt
vir twee by THE PAXTON HOTEL wen as hulle selnommer getrek word uit
die lys van persone wat gedurende die WOW!-vertoning per selfoon
deelgeneem het. Ander pryse sal deur die loop van die Junior- en
Senior kompetisies aangebied word wanneer die gehoor stem.
Aantal deelnemers per
talentdag en uitdunrondtes (indien nodig)
Die
aantal deelnemers per talentdag kan beperk word om dit prakties
uitvoerbaar te maak. Voornemende deelnemers wat nie voor die
bostaande sluitingsdatums ingeskryf het nie, sal nie toegelaat word
om deel te neem nie, SELFS AL HET HULLE REEDS VOORHEEN DEELGENEEM!
Indien heeltemal te veel inskrywings ontvang word om in een program
in te sluit sal die volgende reëlings getref word:
‘n
Uitdunrondte sal voor die aanvang van die talentdag gereël word.
Ons
wil graag aan elke deelnemer goeie advies gee na sy/haar/hulle
optrede waar daar verbeter kan word. Dit is belangrik om kennis te
neem dat daar by die uitdunrondte ook kommentaar gelewer sal word
sodat die kunstenaar weet in watter opsigte verbeter kan word. Die
deelnemers aan die uitdunrondtes verdien ook punte wat in aanmerking
kom vir die maandelikse ranglys – dus is ‘n uitdunrondte ook baie
belangrik.
Die
feit dat iemand wat aan die uitdunrondte deelgeneem het en dalk nie
deurgedring het om deel te neem aan die talentvertoning nie,
aangeraai word om die WOW!-STêR-dag in elk geval by te woon, is om
so ‘n kunstenaar sodoende die geleentheid te gee om te luister na
die talent wat wel deurgedring het en ook te luister na die
kommentaar wat deur die beoordelaars aan die deelnemers gegee word.
Dit is deel van die leerproses om kunstenaars bewus te maak hoe
hulle nog kan verbeter. Dit is alles een groot sang-, choreografie
en musiekles! Die waarde hiervan is onskatbaar!
Indiening van
INSKRYWINGSVORMS
INSKRYWINGSVORMS kan per faks (086 514 6775) of per e-pos (elna@gouedrome.co.za)
ingedien word. Dit is die deelnemer se verantwoordelikheid om toe te
sien dat die inskrywingsvorms vir elke talentdag betyds teen die
onderskeie sluitingsdatums deur die organiseerders ontvang word.
U MOET
ASSEBLIEF SEKER MAAK DAT U INSKRYWINGS BETYDS ONTVANG WORD DEUR
BEVESTIGING DAARVAN TE VERKRY BY ELNA BOTHA.
Enigeen wat nie formeel deur ‘n platemaatskappy ondersteun word nie,
mag deelneem.
Watter liedjies en
hoeveel mag gesing word?
Enige liedjie mag gesing word, mits die inhoud daarvan nie vulgêre
of aanstootlike of swak taalgebruik uitbeeld nie. Die liedjie mag
van enige genré wees en in enige taal gesing word. Deelnemers mag
egter geen liedjies in dieselfde kalenderjaar herhaal wanneer hulle
aan talentvertonings deelneem nie. Dit word egter toegelaat dat ‘n
deelnemer wat aan die die finaal deelneem wel enige liedjie kan sing
wat hy/sy/hulle deur die loop van die jaar by talentvertonings
gesing het.
Die
deelnemers wat via die BAY FM GOUE DROME TOP 5 LOCAL KLANKE
gekwalifiseer het vir deelname MOET ‘n oorspronklike liedjie sing en
mag net aan die OORSPRONKLIKE LIEDJIE-kategorie deelneem. Indien
hulle aan ander kategorieë deelneem moet hulle formeel daarvoor
inskryf en dus die inskrywingsfooi daarvoor betaal.
Die
lengte van die liedjie wat gesing word mag nie 4 minute oorskry nie,
maar moet verkieslik korter as 3 minute wees. Instrumentale werke
moet ook beperk word tot maksimum 4 minute.
Wanneer die deelnemer ‘n begeleidingsnit op CD gebruik as
begeleiding, mag geen hoofstem met melodielyn daarop wees nie.
‘n
Klankstelsel, mikrofoon en CD-speler sal beskikbaar wees – indien
die deelnemer enige verdere klankbehoeftes het, skakel asseblief vir
Elna by 082 706 9717 – neem asseblief in ag dat bykomende klank
slegs voorsien kan word vir die koste van deelnemer, maar doen gerus
eers vooraf daaroor navraag omdat ons werklik uit ons pad sal gaan
om te help.
Beoordeling en gehoor
se deelname aan stemming
Beoordelaars sal aangewys word en hulle punte sal 50% van die
deelnemer se totale punt tel. Wat belangrik is, is dat die
beoordelaars aan die kunstenaars raad sal voorsien wat hulle ter
harte kan neem in hulle ontwikkelingsproses. Dit is ook noodsaaklik
dat kunstenaars luister na die raad wat aan ander kunstenaars gegee
word en ook daaruit leer. Die gehoor wat teenwoordig is, sal met
hulle selfone kan stem en hulle punte sal 50% van die totale punt
van die deelnemer tel. Deelnemers wat bewys kan lewer dat die werk
wat hulle sing 100% oorspronklik is en dus deur hulleself of
spesifiek vir hulleself geskryf is, kry outomaties ‘n 1% bonuspunt
by hulle puntetotaal (behalwe in die oorsponklike kategorie).
Die
uitslag is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word
nie.
Die
lede van die gehoor wat met behulp van hulle selfone stem, word
verplig om vir drie deelnemers van hulle keuse te stem in volgorde
van voorkeur. Dit, tesame met ‘n deeglik oorweegde puntegewig aan
elke stem, neutraliseer hoofsaaklik die effek van onregmatige
oormatige stemme vir een betrokke deelnemer en die beoordelaars se
50% bydrae is die finale neutraliserende faktor.
Die
kompetisie mag deur die organiseerders gekanselleer of uitgestel
word indien omstandighede dit vereis.
Die GOUE DROME
WOW!STêR glansaand
Deelnemers aan die 2010 GOUE DROME WOW!-STêR FINAAL (die glansaand
wat op 27 November plaasvind) vind op uitnodiging plaas. Die
uitnodigings word bepaal volgens ‘n ranglys wat soos volg werk:
Deelnemers verdien punte volgens die nagenoemde indelings:
PORT ELIZABETH
·
Vir deelname aan ‘n uitdunrondte, en nie deurgedring tot enige
kategorie nie – 1 punt
·
Vir deelname aan ‘n kategorie by ‘n talentdag – 2 punte
·
Vir ‘n tweede plek in enige kategorie – 0,5 punte ekstra
·
Vir deelname aan die WOW!-kategorie – 3 punte
·
Vir eerste plek (MINI WOW!-STêR) in WOW!-kategorie – 0,5 punte
ekstra
·
Vir tweede plek in WOW!-kategorie – 0,4 punte ekstra
·
Vir derde plek in WOW!-kategorie – 0,3 punte ekstra
·
Vir vierde plek in WOW!-kategorie – 0,2 punte ekstra
·
Vir vyfde plek in WOW!-kategorie – 0,1 punte ekstra
KIRKWOOD EN GRAAFF-REINET
·
Vir deelname aan ‘n uitdunrondte, en nie deurgedring tot enige
kategorie nie – 1,2 punte
·
Vir deelname aan ‘n kategorie by ‘n talentdag – 2,4 punte
·
Vir ‘n tweede plek in enige kategorie – 0,6 punte ekstra
·
Vir deelname aan die WOW!-kategorie – 3,6 punte
·
Vir eerste plek (MINI WOW!-STêR) in WOW!-kategorie – 0,6 punte
ekstra
·
Vir tweede plek in WOW!-kategorie – 0,48 punte ekstra
·
Vir derde plek in WOW!-kategorie – 0,36 punte ekstra
·
Vir vierde plek in WOW!-kategorie – 0,24 punte ekstra
·
Vir vyfde plek in WOW!-kategorie – 0,12 punte ekstra
Dit is dus van die uiterste belang dat elke
kunstenaar soveel moontlik deelneem om te verseker dat hy/sy/hulle
op die finale ranglys beland. Dit het al in die verlede gebeur dat
deelnemers wat nie op die finale ranglys is nie, ‘n buitekans
kry om in te kom omdat ander deelnemers onttrek weens gesondheids-
of ander redes en dan baie, baie goed presteer op daardie aand.
Deelnemers wat by meer as een dorp/stad deelneem sal vir elke dorp
of stad ‘n aparte ranglyspunt verdien, byvoorbeeld PIET PIETERSE
(KIRKWOOD) en PIET PIETERSE (PORT ELIZABETH) en kan dus meer as een
keer op die ranglys verskyn en uiteindelik meer kanse verdien om die
finale ranglys te haal om meer kere by die WOW!-STêR FINALE
GLANSAAND op te tree.
Slegs 20 deelnemers word gekeur vir die WOW!-STêR-glansaand, en
indien enige onttrekkings plaasvind word die eersvolgende
kunstenaars volgens die finale ranglys die geleentheid gebied om
deel van die finale 20 deelnemers te wees. GOUE DROME behou die reg
voor om meer as 20 deelnemers op die finale ranglys te plaas. GOUE
DROME sal ook deur die loop van die jaar ‘n ranglys van 30 of 40
deelnemers aankondig sodat die meeste deelnemers kan sien waar hulle
geplaas is, maar slegs die TOP 20 sal aan die WOW!-STêR FINAAL
deelneem.
Deelnemers MOET betyds
aansoek doen
Alle deelnemers moet betyds aansoek doen vir elke talentdag anders
sal hulle, ondanks die feit dat hulle moontlik reeds voorheen
deelgeneem het, nie toegelaat word om aan die betrokke talentdag
waarvoor hulle te laat ingeskryf het, deel te neem nie.
Is dit die moeite werd
om later in die jaar in te skryf (as jy eers later bewus word van
hierdie projek)?
Beslis, ja! Hoekom?
1)
Die vernaamste doel van die talentvertonings is om jou as kunstenaar
te ontwikkel. Dit moet ook jou belangrikste rede wees hoekom jy
deelneem. Sodra jy begin deelneem sal jou ontwikkeling ‘n hupstoot
kry.
2)
As jy ‘n kategorie wen en ‘n kans kry om aan die WOW!-rondte deel te
neem en jy vaar goed in hierdie rondte, skiet jou ranglyspunte
vinniger op en kan jy hierdeur kwalifiseer vir die die FINAAL. En as
jy daarin kan slaag om die WOW!-rondte te wen (en jy neem daarna
sonder uitsondering aan elke talentdag deel), is jy outomaties op
die finale ranglys vir die WOW!-STêR FINAAL.
3)
Selfs
al haal jy nie die lys van 20 finaliste nie, kan jy op die
reserwelys beland, wat jou ‘n buiteperd kans sal gee om in te kom as
een of meer van die finaliste weens onvoorsiene omstandighede moet
onttrek.
4)
As jy later in die jaar begin deelneem kan jy dit ook sien as
voorbereiding om die volgende jaar met meer vertroue en beter
toegerus deel te neem. Dit sal veel beter wees as wat jy die nuwe
jaar splinternuut moet begin.
Deelnemers mag hulle persoonlike bemarkingsmateriaal uitstal en
hulle eie albums te koop aanbied by WOW!-STêR-vertonings, maar omdat
spasie beperk is en borge se bemarkingsmateriaal prominensie moet
geniet, sal die organiseerders (GOUE DROME) aandui watter spasie die
deelnemer mag benut vir hierdie doel. GOUE DROME sal die beste
moontlike posisie hiervoor toeken, en deelnemers moet asseblief
aanvaar wat ookal die besluit is hieroor is. Deelnemers mag egter
nie enige produkte van ander kunstenaars of persone bemark nie en
ook nie produkte wat nie direk verband hou met die deelnemer se
bemarking as kunstenaar nie.
Deelnemers wat dus bemarkingsmateriaal wil uitstal in enige formaat
ookal, moet dit op die inskrywingsvorm aandui en GOUE DROME sal
besluit of dit paslik is en toegelaat kan word aldan nie.
Geen bemarking van ander projekte mag plaasvind by die GOUE DROME
talentvertonings nie, tensy daar ooreengekom is op betaling vir
sulke blootstelling of dat daar ‘n borgskapooreenkoms daarvoor
bestaan. Die BAY FM / JIP Sangkompetisie het reeds regte verkry om
hulle kompetisie te bemark.
U
word ook aangeraai om nie sommer betrokke te raak by enige
aanbiedings van persone wat allerhande projekte aanbied en
deelnemers wil lok om daarby betrokke te raak nie. Deelnemers moet
kennis neem dat nie-GOUE DROME projekte wat deur persone bemark
word, as nie-amptelik beskou word en word nie deur ons ondersteun
tensy dit uitdruklik deur ons bemark word nie. Selfs die insamel van
kontakinligting by ons talentvertonings is teen ons reëls en word
gladnie toegelaat nie – dit kom neer op die onwettige misbruik van
‘n platform wat deur ons kundigheid en harde werk daar gestel is.
Geen persoon mag op die perseel waar ons die talentvertonings
aanbied sulke inligting bymekaar maak nie. Projekte wat deur GOUE
DROME geïnisieer of ondersteun word, sal beslis openlik deur ons
bemark word – ander geleenthede vind nie onder die vlerk van GOUE
DROME plaas nie en GOUE DROME neem dus geen verantwoordelikheid
daarvoor nie en indien sodanige organiseerders GOUE DROME
talentvertonings misbruik ten gunste van hulle eie doelwitte, sal
daar beslis teen hulle opgetree word.
Vir
die rekord word ook genoem dat kunstenaars wat deur GOUE DROME
gekontrakteer is, slegs via GOUE DROME vir optredes bespreek mag
word.
GOUE DROME is ten gunste daarvan dat deelnemers ook aan ander
kompetisies moet deelneem, want dit is juis dit wat by ons
talentvertonings geleer is wat sal help dat hulle goed presteer by
ander talentkompetisies, maar in so ‘n geval moet die orgnaniseerder
van so ‘n kompetisie oop kaarte met ons speel en die vereiste stappe
(volledige skriftelike voorlegging) neem om goedkeuring te verkry
vir watter bemarking hulle ookal wil doen. GOUE DROME behou egter
steeds die reg voor om bemarking daarvoor by ons talentvertonings af
te keur.
Gereelde nuus, uitslae, ranglyste, aansluitingsvorms en talentdag
inskrywingsvorms kan by
www.talente.co.za verkry word of telefonies aangevra word by
Elna Botha, telefoonnommer 082 706 9717.
OPSOMMING:
Hoe
moet ek maak om alles te onthou en seker te maak dat ek nie enigiets
misloop nie?
1)
Die heel eerste stap is om ‘n INSKRYWINGSVORM in te handig met die
bewys van betaling van die inskrywingsfooi daarby ingesluit. Dien
dit in by Westway Kafee, Kaapweg, Newton Park of faks dit aan
086 514 6775 of e-pos dit aan
elna@gouedrome.co.za.
GEEN LAAT INSKRYWINGS SAL GEAKKOMMODEER
WORD NIE.
2)
Skryf al die datums in u dagboek neer, sodat u verseker niks sal
vergeet nie. Probeer om alles sover moontlik by te woon en deel te
neem. Deelname gee vir u punte op die ranglys – u kanse is dus baie
beter om gekeur te word vir die WOW!-STêR FINALE glansaand op 27
November as u meer kere as ander aan die talentdae deelgeneem het.
3)
Die feit dat u voorheen deelgeneem het, is nie ‘n inskrywing vir
deelname aan enige talentdag nie. Maak seker dat u nie later nie as
14 dae voor elke talentdag (sien bogenoemde sluitingsdatums) die
inskrywingsvorm vir die betrokke talentdag inhandig anders sal u nie
kan deelneem nie!!
4)
Onthou dat u vir elke talentdag (behalwe die WOW!-STêR glansaand
finaal) ‘n nuwe liedjie moet voorberei. U mag nie enige spesifiek
liedjie op gewone talentvertonings herhaal in enige betrokke
kalenderjaar nie. Onthou ook dat as u ‘n oorspronklike liedjie sing,
word 1% by u puntetotaal gevoeg wat u ‘n beter posisie in die
kategorie waarin u deelneem behoort te gee.
5)
U mag in enige taal sing.
6)
As u met ‘n begeleidingsnit sing of net een instrument bespeel, sal
die klanktoerusting voldoende wees – indien daar egter enigiets
bykomend is soos meer instrumente ens., tree in verbinding met Elna
by 082 706 9717 om seker te maak of daar klanktoerusting sal wees om
dit te akkommodeer. Ons sal uit ons pad gaan om u te help, maar as
daar enige bykomende koste is sal ons u so gou moontlik inlig sodat
u kan besluit oor die werkbaarheid daarvan.
7)
Bring
soveel moontlik ondersteuners saam, maar onthou dat u so vroeg
moontlik moet kaartjies kry -
a.
Kaartjies vir die kategorieë wat deur die loop van die dag plaasvind
is R40 elk. Nadat die kategorieë afgehandel is, verlaat almal die
venue en dit word in gereedheid gebring vir die aand se program.
b.
‘n Dagkaartjie wat u heeldag toegang gee (ook tot die aand se WOW!-rondte
en dus die optrede van die hoofkunstenaar van die dag) sal gewoonlik
R50 wees behalwe wanneer ‘n groter kunstenaar, wat ‘n hoë
optredefooi hef, optree (in so ‘n geval kan kaartjies tot R100 of
meer kos – dit sal egter ‘n uitsondering wees en lank voor die tyd
sodanig bemark word).
8)
Deelnemers wat hulle fooie ten volle op datum betaal het, betaal
geen toegangsfooi vir hulleself by gewone talentvertonings nie, maar
MOET vooraf hulle kaartjies kry deur dit af te haal by WESTWAY
KAFEE, Kaapweg, Newton Park Port Elizabeth. ONTHOU: Almal moet
betaal vir toegang tot die WOW!-STêR betaal behalwe die deelnemers
wat net hulle gewone inskrywingsfooi moet betaal.
9)
Onthou ook dat u ondersteuners vir u kan stem met behulp van hulle
selfone – die gehoor se stemme tel 50% van die uitslae.
10)
U sal verwittig word daarvan as daar te veel deelnemers is, en ‘n
uitdunrondte vooraf gehou moet word.
11)
Hou
elke maand die webblad
www.talente.co.za dop om te sien watter posisie u op die ranglys
beklee en ook vir nuus oor die talentvertonings. U sal ook u foto en
biografie daarop kan sien.
12)
U kan ook gereeld ‘n gratis nuusbrief per e-pos ontvang – maak seker
dat u dit ontvang deur ‘n e-pos te stuur aan
info@gouedrome.co.za.
Luister elke Saterdag ongeveer 09:45 na die TOP 5 Local Klanke op
BAY FM 107.9 (via die internet kan u by
www.bayfm.co.za luister) om die
nuutste Oos-Kaapse liedjies te hoor en die nuutste nuus rondom
opkomende talent. Die TOP 5 sal in 2010 ook deur Radio Graaff-Reinet
uitgesaai word. Nadere besonderhede hieroor sal later bekendgemaak
word.
KONTANT-BORGE:
DIE WOW!-STêR
reeks van talentvertonings trek baie aandag in die media en op radio
en word wyd bemark. Dit is dus ‘n besliste voordeel om enige
besigheid of produk via ‘n borgskap te adverteer. Op hierdie manier
dra borge ook by tot die ontwikkeling van Oos-Kaapse talent. Hier is
al die inligting wat borge benodig om ‘n ingeligte besluit te neem:
1)
Die reeks van talentvertonings se naam is die GOUE DROME WOW!-STêR
kompetisie.
2)
Naamregte om GOUE DROME in die naam van die kompetisie te vervang (bv,
PIETERSE BAKKERY WOW!-Stêr kompetisie) is onderhandelbaar vir enige
borg wat daarin sou belangstel. Die borgskap moet bereid wees om ‘n
groot gedeelte van ons begroting te betaal in ruil vir die groot
blootstelling op radio en in die media asook ons webblaaie en e-nuusbriewe.
3)
Die kompetisie sluit vir die eerste keer in 2010 musikante (nie net
sangers nie) ook in. Soos gewoonlik vind die kompetisie op ‘n sterk
ontwikkelingsbasis plaas, met ander woorde ons voorsien bekwame
beoordelaars uit die musiekbedryf soos choreograwe, stemafrigters,
opname-spesialiste, ens., om die deelnemers van raad te bedien oor
hoe hulle kan verbeter en wat die volgende stap in hulle loopbane
is.
4)
Talentvertonings vind op Saterdae plaas en kategorieë word deur die
loop van die dag aangebied.
5)
Die gehoor kies of hulle die Junior kompetisie in die oggend, die
Senior kompetisie in die middag, of die WOW!-vertoning wil bywoon of
aldrie.
6)
Die WOW!-vertoning begin om 19:00 en sal bestaan uit die WOW!-kategorie
(wenners van die dag se kategorieë wat teen mekaar kompeteer), ‘n
pouse en daarna ‘n vertoning deur ‘n hoofkunstenaar soos Sarah
Theron, David Fourie, Jody Wayne, Lance James, Wynand Strydom,
Chereé of Guillaume. Hierdie is net voorbeeld van moontlike
kunstenaars – aankondigings oor watter kunstenaars uiteindelik
gebruik sal word, word van tyd-tot-tyd gemaak. Die hoofkunstenaar
sal dan die wenners van die WOW!-kategorie aankondig. Daar is ook
die
7)
Ons probeer met hierdie konsep (deur die hoofkunstenaars in te sluit)
die publiek in ‘n groter mate betrek by die WOW!-vertonings, wat dus
groter blootstelling aan borge beteken.
8)
Ons gaan ook saam met die talentaande ‘n musiekraai (VOOR-MET-NOTE) aanbied tussen die optredes deur om lede van die gehoor aktief
betrokke te hou. Ons is op soek na ‘n borg wat daardie gedeelte ook
sal borg. Ons wil graag heelwat kontant per aand aan die gehoor
weggee met hierdie kompetisie en selfs ‘n oploopbare boerpot wat
oorgedra word na elke volgende talentaand. Die borgskap hiervoor sal
R5 500 vir die jaar beloop (en
9)
Die ander borgskap is logo-blootstelling op ons plakkate en ander
advertensie-materiaal (webblad en e-nuusbriewe ingesluit) teen R250
per maand oor 12 maande of R2 400 kontant. Hierdie borgskap
10)
Ons probeer ook hierdie jaar aktiwiteit op die webblad vergroot deur
van elke deelnemer ‘n foto en biografie te plaas sodat mense (wat in
plaaslike talent se optredes by hulle geleenthede belangstel) hulle
ook
11)
Die laaste moontlike borgopsie
Sootgelyke
talentvertonings word ook in Graaff-Reinet (met die ondersteuning
van Radio Graaff-Reinet) aangebied. Dit word ook in
Ons is
buigbaar wat borgskap-opsies aanbetref en dit
BAY FM, RADIO GRAAFF-REINET, THE PAXTON HOTEL,
GM SOUTH AFRICA, TEMPO MUSIK en die ILOREEZ MEYER SANGAKADEMIE is
reeds betrokke.


