kantoor - office
082 706 9717
faks -
fax 086 514 6775
e-pos - e-mail
info@gouedrome.co.za /
info@goldendreams.co.za
Ontwikkeling van JOU talent ... teen jou eie pas!
Development op YOUR talent ... at your own leisure!
Geregistreerde WOW!-STêR kunstenaars kan gratis hulle bografieë hier laat plaas info@gouedrome.co.za):

Kontak Elna by 082 706 9717 om Maré te bespreek vir 'n optrede ...
Ek het groot geword in Despatch, maar woon tans in Uitenhage. Ek
sing reeds al van 'n baie vroeë ouderdom waarvan kerkoptredes en die
naby feeste en karnavalle deel van uitmaak. My grootste gehoor op
die ouderdom van 4 jaar was ± 4000 mense by 'n kerkkonferensie in
Oos-Londen.
Van my ander groot optredes is onder andere Despatch Karnaval,
Uitenhage Karnaval, Onnerikoppi Fees, Om Die Hoek Fees, Gypsy Jack's
Country Fees, DF Malherbe Fees, Holmleigh Farm, verskeie En Vogue
Models funksies en verskeie ander korporatiewe funksies vir
maatskappye soos PPE ens.
Ek het aan 21 sangkompetisies deelgeneem om sodoende kenis te maak
met mense in die musiekbedryf. Ek het die finale rondtes van 18 van
hierdie kompetisies behaal waarvan ek 1 derde plek, 2 tweede plekke
en 1 eerste plek volgestaan het. Hierdie kompetisies bestaan uit Die
Burger Plusstêr, Patricia Lewis se Supersterre, Jip / Bay Fm
Sangkompetisie,, Talenté 2009, Wow-Stêr 2010 en nog vele meer. Ek
was bevoorreg genoeg om as een van die top 20 finaliste te wees wat
uitgenooi was om aan die Goue Drome Talenté Supra deel te neem wat
saam met die Bay Fm Spiraal toekennings aangebied was.
Ek het alreeds vyf van my eie liedjies geskryf en werk aan nog om by
my debuut album in te sluit as ek eendag die geleentheid kry om dit
uit te reik.
Waarom moet U my bespreek vir optredes?
Sommige mense is gebore met 'n goue lepel in die mond, maar ek is so
te sê gebore met 'n mikrofoon in die hand en is regtig versot daarop
om optredes vir mense te doen. Ek is tot volle instaat om as
gaskunstenaar op te tree soos ek voorheen in die verlede gedoen het.
My aanbiedingstyl is vol energie en elke lied word met die nodige
emosie gesing om die gehoor se aandag te trek. Ek vermaak alle
ouderdomsgroepe met my verskeidenheid genres. Ek sing verskeie
Afrikaans en Engelse liedjies wat bestaan uit country, moderne
ballades, gospel, dans treffers ens.
Dankie dat jy tyd gemaak het om meer oor my uit te vind en hopelik
ontmoet ons mekaar binnekort.
Kontak Elna by 082 706 9717 om Maré te bespreek vir 'n optrede ...