2010 RANGLYS / RANKINGS
Hou gerus hierdie bladsy dop om te sien wat u posisie op die WOW!-STêR ranglys is. Dit is van die uiterste belang om soveel moontlik deel te neem aangesien teenwoordigheid asook prestasie die posisies op die ranglys bepaal. / Please watch this page for your WOW!-STAR monthly ranking. It is imperative that you participate as regularly as possible, because the positions on the ranking are determined by presence and performance.
Die ranglys help om te bepaal watter sangers uitgenooi word (heel moontlik die boonste 20 deelnemers) om deel te neem aan die WOW!-STêR FINALE glansaand! / The rankings are used to determine which participants are to be invited (most probably the first 20 participants) to perform at the WOW!-STAR FINAL glitter event.
|
Rangpunte / Ranking points Belangrik: Hierdie lys verander na afloop van elke WOW!-STêR talentvertoning en ons probeer die TOP 30 hier aandui. Dit is nie noodwendig dat ons al die deelnemers op die ranglys sal kies vir die WOW!-STêR FINALE glansaand op 27 November nie - slegs 20 deelnemers sal vir daardie aand gekeur word en 10 reserwes sal ook aangekondig word. As jou naam nie hieronder verskyn nie is jy waarskynlik onder die name wat net onder die TOP 30-lys is. Stuur aan ons 'n e-pos by sarel@gouedrome.co.za as u graag wil weet wat u rangpunt of posisie is. / Important: The rankings change after every WOW!-STAR talent show. We will not necessarily invite all participants on the ranking list to the WOW!-STAR FINAL glitter event on 27 November - only 20 will be invited and 10 reserves will also be announced. If your name is not on the list below, you may be just short of being amongst the TOP 30. Send an e-mail to sarel@goldendreams.co.za should you wish to know your ranking points and position. Hier is die uiteensetting van hoe die punte werk (gaan asseblief u ranglyspunt na - ons is maar net gewone mense en kan 'n fout maak!) / This is how the ranking points are allocated (please check you ranking point - we are only human beings and can make a mistake!):
PORT ELIZABETH
·
Vir deelname aan ‘n uitdunrondte, en nie deurgedring tot
enige kategorie nie –
1 punt
·
Vir deelname aan ‘n kategorie by ‘n talentdag – 2 punte
·
Vir ‘n tweede plek in enige kategorie – 0,5 punte ekstra
·
Vir deelname aan die WOW!-kategorie – 3 punte
·
Vir eerste plek (MINI WOW!-STêR) in WOW!-kategorie – 0,5
punte ekstra
·
Vir tweede plek in WOW!-kategorie – 0,4 punte ekstra
·
Vir derde plek in WOW!-kategorie – 0,3 punte ekstra
·
Vir vierde plek in WOW!-kategorie – 0,2 punte ekstra
·
Vir vyfde plek in WOW!-kategorie – 0,1 punte ekstra
KIRKWOOD EN
GRAAFF-REINET
·
Vir deelname aan ‘n uitdunrondte, en nie deurgedring tot
enige kategorie nie –
1,2 punte
·
Vir deelname aan ‘n kategorie by ‘n talentdag – 2,4 punte
·
Vir ‘n tweede plek in enige kategorie – 0,6 punte ekstra
·
Vir deelname aan die WOW!-kategorie – 3,6 punte
·
Vir eerste plek (MINI WOW!-STêR) in WOW!-kategorie – 0,6
punte ekstra
·
Vir tweede plek in WOW!-kategorie – 0,48 punte ekstra
·
Vir derde plek in WOW!-kategorie – 0,36 punte ekstra
·
Vir vierde plek in WOW!-kategorie – 0,24 punte ekstra
·
Vir vyfde plek in WOW!-kategorie – 0,12 punte ekstra
Dit is dus van
die uiterste belang dat elke kunstenaar soveel moontlik
deelneem om te verseker dat hy/sy/hulle op die finale
ranglys beland. Dit het al in die verlede gebeur dat
deelnemers wat nie op die finale ranglys is nie, ‘n
buitekans kry om in te kom omdat ander deelnemers onttrek
weens gesondheids- of ander redes en dan baie, baie goed
presteer op daardie aand.
Deelnemers wat
by meer as een dorp/stad deelneem sal vir elke dorp of stad
‘n aparte ranglyspunt verdien, byvoorbeeld PIET PIETERSE
(KIRKWOOD) en PIET PIETERSE (PORT ELIZABETH) en kan dus meer
as een keer op die ranglys verskyn en uiteindelik meer kanse
verdien om die finale ranglys te haal om meer kere by die
WOW!-STêR FINALE GLANSAAND op te tree. Slegs 20 deelnemers word gekeur vir die WOW!-STêR-glansaand, en indien enige onttrekkings plaasvind word die eersvolgende kunstenaars volgens die finale ranglys die geleentheid gebied om deel van die finale 20 deelnemers te wees. GOUE DROME behou die reg voor om meer as 20 deelnemers op die finale ranglys te plaas. GOUE DROME sal ook deur die loop van die jaar ‘n ranglys van 30 of 40 deelnemers aankondig sodat die meeste deelnemers kan sien waar hulle geplaas is, maar slegs die TOP 20 sal aan die WOW!-STêR FINAAL deelneem. |
|
RANGLYS - 6 MAART 2010 / RANKINGS - 6 MARCH 2010 Belangrik: Die volgende ranglys word kort na 17 April (na afloop van die Kirkwood WOW!-STêR) gepubliseer. ![]() |
|
As jy tans nie onder die boonste klompie name op die ranglys is nie, moet jy onthou dat slegs een goeie optrede kan jou skielik tussen die boonste bondel indruk, en onthou dat wanneer die finale deelnemers vir die WOW!-STêR FINAAL gekies word, is daar gewoonlik deelnemers wat nie die uitnodigings aanvaar nie en dit maak dit makliker vir deelnemers laer op die ranglys om geselekteer te word. Hou net moed, probeer elke keer so hard as moontlik om goed te doen. Moet nooit dink jy sal dit nie maak nie - daar is altyd 'n moontlikheid! / If you name is not amongst the top names on the ranking, please bear in mind that just one good performance could push you into the higher rankings. Also remember that when the final WOW!-STAR FINAL participant selection takes place, there are usually a number of participants who are not able to perform at the WOW!-STAR FINALE, which will allow lower rankings to move up - never think you will not make it, it is always possible! AL ONS DEELNEMERS IS VIR ONS BELANGRIK. AS JY HIERDIE MAAND AAN DIE ONDERPUNT VAN DIE RANGLYS IS, KAN JY VOLGENDE KEER HEELWAT OPSKUIF. ONTHOU DAT DIT UITEINDELIK NIE OOR WEN GAAN NIE, MAAR OM JOU AAN TE MOEDIG OM SO GOED MOONTLIK TE ONTWIKKEL SODAT JY UITEINDELIK 'N BETER KANS STAAN OM OP GEREELDE BASIS IN DIE MUSIEKBEDRYF BETROKKE TE WEES. / ALL OUR PARTICIPANTS ARE IMPORTANT TO US. IF YOU ARE LISTED AMONGST THE LOWER END ON THE RANKINGS THIS MONTH, KEEP IN MIND THAT THE SITUATION COULD CHANGE DRAMATICALLY THE NEXT TIME ROUND. AND ALWAYS REMEMBER: THIS PROJECT IS NOT GOING ABOUT WINNING, BUT RATHER DEVELOPMENT OF YOURSELF TO HOPEFULLY EVENTUALLY MAKE A CONTRIBUTION TO THE MUSIC INDUSTRY. Indien jy hierdie keer laer op die ranglys is as die vorige keer, terwyl jy eintlik weet jy het beter gevaar, hou in gedagte dat daar ook ander deelnemers is wat beter gevaar het. Om hierdie ranglys te haal is reeds 'n prestasie - om jou posisie te behou of te verbeter is 'n massiewe uitdaging. Hou egter net moed. / If you are ranked lower than before, yet knowing that you actually improved significantly, keep in mind that there are also other participants who performed better. To be on this ranking list is in itself an achievement - to retain of improve your position is a massive challenge. Remain focused! |



